Die wrak van die Mazda 6 nadat dit teen ’n stilstaande motor vasgejaag het. Die bestuurder wat alleen in die motor was, is ernstig beseer.Foto: Verskaf


Twee mense is Vrydag 1 November dood en twee ernstig beseer toe die bestuurder van ’n motor beheer verloor het en in ’n stilstaande motor vasgejaag het.

Volgens die inligting van die polisie het drie mans in die stilstaande motor op die ou Darling-Mamrepad by Wit­sand gesit en kuier toe dié voorval plaasgevind het.

Die bestuurder van die motor wat uit die rigting van Atlantis gekom het, het volgens omstanders glo teen ’n geweldige spoed gery toe die bestuur­der beheer oor die voertuig verloor het. Wayne Lambert van Witsand en Adrick Koovan van die plaas, Vasval Instant Lawn, het op die toneel aan hul beserings beswyk terwyl ’n derde insittende ernstig beseer is.

Die bestuurder van die silwer Mazda 6 van Robinvale, glo ’n lid van die weermag, is ernstig beseer en in die Militêre-hospitaal in Kaapstad opge­neem. Volgens kol. André Traut, pro­vin­siale polisiewoordvoerder, word ’n klag van strafbare manslag ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article