Dit is gewis ’n oorwinning vir die dorp sê lede van die plaaslike taakspan wat deel was om beter gesondheidsorg vir inwoners te verseker.
Planne om die plaaslike klinieke na die provinsiale regering oor te plaas, is nou ’n werklikheid, sê die span.
Die oorplasing volg nadat honderde inwoners in Augustus verlede jaar na die Wesfleur-hospitaal opgeruk het om ’n memorandum aan die provinsiale minister van gesondheidsorg, Norma-French Mbombo, oorhandig het.
Die minister het verlede jaar gevra ’n taakspan moet saamgestel word om met haar departement oor verwikkelinge te skakel. Volgens die taakspan was hulle nooit uit die proses gesluit nie en hulle het gereeld vergaderings met die provinsiale gesondheidsdepartement gehad.
Volgens die span was die verhouding met die gesondheidsdepartement goed en nooi inwoners wat meer wil weet, om met hulle kontak maak.
Die span sê ook Mbombo sal die gebied binnekort besoek om finale reëlings bekend te maak.
Die taakspan is Adenaan Syster, Anastatia Davids, Joy Davids, Franklin Lambert, Reagon Carelse, Nolufefe Mbombo, Lorenzo Johnson, Dean Goliath, Ashley Poole en Anastatia Davids.


