Die ATKV-tak Atlantis hou Saterdag 17 September ’n Erfenis-makietie by Grosvenor Primêr.

Inwoners van Atlantis, Mamre, Pella en Witsand word genooi om die belewenis by te woon. Dit beloof ’n terugblik op die verlede, stoepstories, rieldans en hope pret vir die kleinspan asook uitstallings.

Atlantis, kom wys jul kookvernuf, laat die potte prut en skryf in vir die potjiekos-kompetisie. Bring die gesin, ’n kampstoel en ontspan terwyl daar na Antie Koekie van Loeriesfontein geluister word wat die snare sal tokkel.

Kinders kan hulle op springkastele en die glip-en-glybaan geniet.

Kaartjies kan by die taklede gekoop word teen R50 vir volwassenes en R25 vir kinders ouer as 12.. Kontak Jolene by 061 463 1699 en Annie by 073 792 3279 vir meer inligting oor die vieringe.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article