Groen-tuinmaak verwys na die soort tuinmaak wat ’n lae uitwerking op die omgewing het. Dus, om so ’n tuin te onderhou, moet dit ’n minimum versteuring op die omgewing hê en plante moet inpas by die spesifieke klimate en grond.
Om geld te spaar, kan na ’n verre ideaal lyk, maar met alles wat duurder word, is dit sinvol om geld te spaar waar jy kan.
En met groen-tuinmaak kan die koste van groente en vrugte aansienlik verminder word deur jou eie te plant en te kweek.
’n Gemeenskapstuin word nie deur een individu geskep nie – dit verg spanwerk en samewerking. Gesels met jou bure en mede-gemeenskapslede om moontlik ’n gemeenskapstuin te begin.
Die gesondheidsvoordele om buite te wees en self kos te kweek, te midde van toenemende besorgdheid oor volhoubare, gesonde kos, vorm ’n perfekte “groen-tuinmaak”-projek.
Hier is paar wenke:. Die grondslag van enige tuin is gesonde grond. Kompos is ’n goeie manier om die gehalte van die grond te verbeter. Kompos is bloot herwonne organiese materiaal en dit help om die grond se gesondheid te verbeter en ook om afval, wat dikwels op stortingsterreine beland, te verminder. Baie mense dink kompos is ’n ingewikkelde proses, maar kompos kan selfs in die kleinste ruimtes gemaak word. Die sleutelelement is hitte! Dit kan so eenvoudig wees soos om ’n hopie in die hoek van jou tuin te begin waar direkte sonlig die grootste deel van die dag skyn.. Selfs ’n wurmplaas kan help om koste laag te hou en te verseker dat ’n groentetuin volhoubaar en omgewingsvriendelik is. “Wurmtee” is ’n noodsaaklike eienskap vol voedingstowwe vir die grond en plante.. Die opvang van reënwater sal ook daartoe bydra om koste laag te hou. Dit is noodsaaklik om ’n natmaakskedule op te stel om te verseker dat die natmaak van groente nie gedurende die proses afgeskeep word nie. Uiteindelik beteken ’n groentetuin toegang tot kos met voedingswaarde wat kostedoeltreffend en omgewingsvriendelik is. Meer dikwels as nie beland die verpakking van vrugte en groente wat ’n mens in die winkel koop, dikwels op stortingsterreine, wat bydra tot skade aan die omgewing. . Die verkoop van vrugte en groente kan selfs groot inkomstevoordele inhou.
Hou hierdie ruimte dop vir ’n opwindende nuwe voedselsekuriteitsprogram wat die ASEZCo in die komende maande sal bekendstel.
Belangstellende inwoners kan met die Atlantis SEZ vir meer inligting by hello@atlantissez.co.za in verbinding tree.



