Die groen skoolprojekte help skole om ’n volhoubaarheidsprogram te bedryf.
Dit bemagtig ook jong mense om energiebesparende inisiatiewe te lei en om hul skool en gemeenskap te inspireer om groen te word.
Hier is ’n paar wenke. 1. Begin ’n herwinningsklub en kry minstens ’n vullishouer vir ongebruikte papier in klaskamers, die kopieerkamer en kantoor. Leerders kan aangemoedig word om enige herwinbare materiale van die huis af na die klub te bring.2. Herwin koerante en tydskrifte om kuns te skep en hou ’n kunsuitstalling wat van herwonne materiaal gemaak is.3. Neem ’n omgewingsvriendelike, leersame velduitstappie om leerders omgewingsbewus te maak. Uitstappies kan alternatiewe energie-aanlegte soos windplase, plaaslike stortingsterreine, herwinningsentrums en organiese plase, insluit.4. Begin ’n komposhoop met groenteskille, vrugte-afval, teesakkies en die afval van plante en gras. Dit breek vinnig in die grond af en sorg vir belangrike stikstof sowel as vog. Artikels soos karton eierhouers, gekrummelde papier en afvalblare kan ook ingesluit word. 5. Skep ’n voëlhabitat deur voëlhokke rondom die speelterrein te maak. Die voëlhokke bied beskerming en nesruimte in die toenemende bedreigde habitat van die voëls.6. ’n Taak vir die groenklub-lede is om te verseker alle elektriese toestelle word afgeskakel wanneer dit nie gebruik word nie. Die maklikste manier is om te vra dat alle elektriese toebehore aan een stroomverspreider gekoppel word sodat slegs een skakelaar afgesit kan word indien dit nie in klaskamer(s) gebruik word nie.7. Stap of trap skool toe. Dit bespaar nie net brandstof nie, maar is ook goed vir die omgewing en die natuur.8. Kyk mooi na waterverbruik. Onthou om die kraan toe te draai wanneer jy tande borsel, gesig was of skeer. Hou jou stort tot vier minute eerder as om te bad – dit bespaar ongeveer 14 000F water per jaar.9. Begin ’n skooltuin wat nie net die skool verfraai nie, maar groente kan ook verbou word. Hierdie groente kan die skool se voedingskema aanvul.

