Konsepte soos “groen” en “omgewingsvriendelikheid” raak al hoe meer algemeen en baie kosmetiese vervaardigers wil meer natuurlike bestanddele vir hul produkte hê.

Wat bemarking betref, het “groen” sinoniem geword met “organies” of “gesond” terwyl die mark vir natuurlike skoonheidsmiddels vinnig en reëlmatig groei. Baie maatskappye gebruik bestanddele afkomstig van fossielbrandstof, ’n nie-hernubare en ekonomies wisselvallige hulpbron.

Bio-gebaseerde oleochemikalieë, aan die ander kant, word uit hernubare plant- en bakterieëbronne onttrek en is die kern van die sogenaamde groenskoonheidsmiddelsbeweging.

Skoonheidsmiddels in dié bedryf word as “groen” en “volhoubare” skoonheidsmiddels gedefinieer as kosmetiese produkte wat natuurlike bestanddele bevat en uit hernubare grondstowwe vervaardig word.

As ’n kosmetiese produk ’n natuurlike en organiese etiket het, beteken dit 95% (of selfs meer) daarvan bestaan uit organiese bestanddele. Dit kan uit plant-elemente bestaan, soos plantaardige of “essensiële” olies, aktiewe bestanddele en natuurlike parfuum, wat sodoende die sintetiese elemente vervang.

Wanneer sintetiese en chemiese produkte gebruik word, laat dit nie net spore op jou vel nie, maar dit besoedel ook die lug en die water.

Volgens onlangse studies beskadig sommige bestanddele in sonskerms koraalriwwe, wat bleiking veroorsaak. Hierdie skade kan vermy word deur bio-skoonheidsmiddels te gebruik en daardeur die ekostelsel te beskerm.

Natuurlike bestanddele is minder geneig om vel-irritasie of allergiese reaksies te veroorsaak. Sonder sintetiese of giftige chemikalieë of kunsmatige kleure maak volhoubare produkte staat op die genesende eienskappe wat natuurlik in plante en diere voorkom – die bestanddele wat mense al eeue lank gebruik. Hulle is meer duursaam, herbruikbaar, minder giftig, minder hulpbron-intensief en veiliger vir die omgewing – diere, plante en mense. Boonop sal die gebruik van ekovriendelike produkte nie net help om die planeet en die gesondheid en welstand van jou geliefdes te beskerm nie, maar ook die toekoms van jou kinders. Eko-skoonheidsmiddels pas by alle velsoorte aan, selfs die mees sensitiewes, wat met delikate produkte behandel moet word. Organiese rome bevat nie kunsmatige preserveermiddels of sintetiese parfuums wat allergieë en skade aan kinders en mense met sensitiewe velle kan veroorsaak nie.

Dit is egter nie waar dat eko-skoonheidsmiddels baie duurder as ander is nie. Jy kry goedkoop eko-produkte in die mark of jy kan dit self tuis maak. Probeer hierdie selfdoen-projek om jou eie eko-vriendelike lipstiffie en blos te maak wat jy met minimale moeite kan aanpak:

Jy benodig:
. 1 teelepel byewas. 1 teelepel klapperolie. 1 teelepel pigment (beetwortelpoeier werk wonderlik vir ’n diep rooi). ’n Paar druppels vitamien-e-olie. ’n Herwinde houer vir jou lipstiffie. ’n Klein kastrol of mikrogolf

Metode:

Smelt die bestanddele en meng dit goed. As jy die mikrogolf gebruik om te smelt, doen dit met tussenposes en roer om eweredige verspreiding van hitte te verseker. Gooi in ’n houer en laat dit afkoel voordat jy dit gebruik.

En dit is dit – in slegs twee stappe en met slegs vier bestanddele het jy ’n bevogtigende, fantastiese lipstiffie of blos!. Vir meer inligting oor wat Ecobnb as ’n organisasie doen om ’n groener ekonomie te bevorder, besoek die webwerf by www.atlantissez.com of stuur e-pos na info@AtlantisSEZ.co.za

Bronne: www.ecofiles.com, www.totebagfactory.com www.ecobnb.com enwww.ecobnb.com

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article