Die voortslepende pandemie veroorsaak toenemende spanning weens die uitgebreide inperking en, die vrees om siek te word, en finansiële spanning duur dus voort.

Baie gesinne moes spaarsamig met hul geld te werk gaan, en baie het inkomste verloor. Hieronder volg ’n paar idees oor hoe huishoudings hul geld verder kan uitrek:

Stel ’n begroting op

Daar is verskillende maniere om ’n begroting op te stel.

Dink daaraan om ’n algemene bestedingsperk in te stel of selfs ’n spesifieke bedrag aan elke huishoudelike behoefte, soos bv. elektrisiteit of kos, toe te wys. Dit is met ’n begroting belangrik om ’n plan met byvoorbeeld maaltye te hê. Ontwerp ’n weeklikse spyskaart wat aankope kan begelei. Die hergebruik van oorskietkos vir nuwe resepte sal ook waarborg dat kos tot die einde die maand sal strek.

Kry ’n beloningskaart

Baie beloningskaarte betaal in kontant punte wat by die handelaar of hul vennote afgelos word.

Gratis en sakpas uitstappies

Die warm weer beteken daar is nog kans vir uitstappies na strande en parke. Families, veral kinders, sal ’n uitstappie na die strand of parkie geniet. Dit kos niks. Wegneemetes en uiteet is pret, maar dit is beter om gesonde versnaperinge tuis voor te berei.

Begin ’n tuintjie

Dit is selfs nog beter om ’n klein gesinstuintjie te begin en gehalte-tyd met die kinders deur te bring. Plante kan ’n pragtige omgewing skep, hetsy in ’n tuin, verhoogde blombedding of selfs ’n pot, en veral kinders sal elke fase van die proses geniet. Indien die gesin dalk wil uitgaan, kan die kinders hul eie versnaperinge uit die tuin en wat hulle help kweek het, kies.

Beperk inkopies

Probeer om slegs een keer per week inkopies te doen en om gereeld by pakhuiswinkels te koop – ’n maandelikse groot koop, en dan slegs een keer per week stop vir vars produkte (vir wanneer die tuintjie se oes nog nie gereed is nie). Baie items kan teen ’n verlaagde koste in groot hoeveelhede gekoop word.

Koop produkte sonder ’n handelsmerk

Baie goed wat nie ’n handelsmerk het nie, is byna presies dieselfde as dié wat wel ’n handelsnaam dra. ’n Mens kan ’n fortuin spaar deur alternatiewe vir handelsnaamprodukte te koop.

Kook van nuuts af

Met die heropening van skole is dit nou weer die beste tyd om te kook eerder as om wegneem- of restaurantetes te gebruik.

Gebruik dit weer

Met die grootste verbruik in huishoudings, is dit belangrik dat gesinne die gebruikte verpakking en huishoudelike materiale vir herwinning in die huis verhaal. Sommige items kan selfs ’n klein inkomste lewer as dit herwin word.

. Kontak gerus die Atlantis SEZ vir meer groen wenke en herwinningsidees op hello@atlantissez.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article