Om ’n geliefde met ’n verslawing te ondersteun, is nie kinderspeletjies nie en kan geliefdes baie magteloos laat voel.

Daarom word verslawing dikwels as ’n familiesiekte beskryf – dit kan ’n groot uitwerking op die emosionele en fisieke welstand van ’n hele gesin hê.

Dit is presies waarom dit nie net die verslaafde is wat nodig het om ’n pad van herstel te loop nie. Die gesin en ander familie het ook nodig om herstelling aan te durf.

Alhoewel geen kitsoplossing bestaan wat iemand kan volg om te herstel nie, is daar wel hoop.

Gesonde grense

Om grense met jou verslaafde geliefde te stel, kan jou beskerm. Verslawing in ’n huishouding lei dikwels tot die ontwikkeling van ongesonde grense, omdat daar druk op die gesinslede is om by die verslaafde se gedrag aan te pas.

Dink byvoorbeeld aan grense as reëls wat jy opstel om aan ander te kommunikeer watter gedrag vir jou aanvaarbaar of nie aanvaarbaar is. Die doel is nie om ander te straf of te probeer beheer nie, maar word doodeenvoudig opgestel om jouself te beskerm.

Niemand het perfekte grense nie, maar in ideale omstandighede wil jy nie jou geliefde heeltemal afsny van enige ondersteuning nie. Jy wil egter ook nie té betrokke in hul lewe wees nie. Die opstelling van grense is ’n persoonlike keuse en elkeen moet self besluit hoeveel ondersteuning hulle bereid is om aan ’n verslaafde geliefde te gee. Die steun kan fisiek en/of emosioneel wees.

Enigeen wat dink om grense te skep, moet hulself die volgende afvra:. Voel jy gereeld bitter oor alles wat jy vir die verslaafde doen en hoe hy of sy jou nooit waardeer nie?. Sit jy gereeld met ’n klomp skuldgevoelens? . Is jy obsessief oor waar hulle is, wat hulle doen en wat hulle gaan doen?. Het jy opgehou om te doen wat jy altyd geniet het?. Het jou gesondheid agteruitgegaan omdat jy stres en soms sukkel om te slaap?. Beskerm jy die verslaafde soms teen die nagevolge van sy of haar gedrag, soos om geld te gee? . Aan die ander kant, blameer die verslaafde jou vir sy of haar probleme?. Neem die verslaafde verantwoordelikheid vir sy of haar gedrag? Kontak die Cape Town Drug Counselling Centre by 021 571 7180 of kom besoek die sentrum by die Wesfleur-sirkel vir nog inligting en ondersteuning met betrekking tot verslawing,.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article