Dis weer dáái tyd van die jaar. Almal voel festive.

Rowers beplan hoe hulle ander se swaar verdiende bonusse gaan uitgee en professor Zinzan, dokter Slegde, Mamma Boloh en Pappa Arihola maak die mooi­ste beloftes oor hoe jy jou geld kan verdubbel.

Auntie Maggy het die hele jaar hard gewerk en dan het die werk nog savings ook afgetrek, want die kids moet pronk. Ouma- en oupa-goed moet sien die Stad behandel hulle goed wanner hulle die feestyd gaan kuier.

Auntie Maggy se oog vang een van die advertensies: Want to double your money? Want to win Lotto? Contact us for fast results.” Daar is ’n getuigskrif ook van ’n man wat net die mooiste goed sê.

“Die hoogmoedige Trien moet sien ek is nie ’n loser nie,” dink Maggy, terwyl die duiwel lustig met haar mind speel.

Sonder om twee keer te dink, bel sy die nommer op die advertensieblad. ’n Man met ’n sukkelende Engelse aksent antwoord: “Hulo, thus is Prof Zinzan. Can I help?

Jis”, reply Maggy. “I want to see you ‘cause I want double money,sê sy met haar plat aksent.

Ok bring all money we send adress to this number, ok?

“Daai Trien sal groen wees van jaloe­sie. Manlief sal ook nie worry nie, so­lank hy sy bottel sterkes het,” oortuig sy haarself.

Die volgende oggend vroeg is sy by die bank en trek altwee rekeninge leeg met die belofte aan haarself dat sy later die huis en ander skuld sal betaal en jaag tot by die adres wat professor Zinzan deurgestuur het. Hy’s baie vriendelik met Maggy, bied koffie aan maar sy wys dit van die hand, want sy wil klaarkry.

Minder as ’n uur later stap Maggy die ewe smiles uit die plek met ’n geldtrom­mel onder die arm. “Twee dae, twee dae”, sing sy. Professor Zinzan het gesê sy moet die trommel eers na twee dae oopsluit en haar geld sal dan verdubbel het. By die huis bêre Maggie die trom­mel en beloof die kinders dat hulle na twee dae krismis shopping gaan doen.

Manlief, wat weer ’n bottel smaak, vra vir sy vrou geld, maar Maggy skêl en sê, “wag tot more!”. Manlief besluit om self te gaan krap en daar kom hy op die trommel af met die sleutel langsaan. Die dranklus het nou oorgeneem. Hy sluit die trommel oop en sy oë val byna uit toe hy sien die trommel is vol . . . koerantpapieruitknipsels!
. Andrew Murphy Roberts is ’n vryskut­joernalis by Weskus Nuus. Die menings in die rubriek is nie noodwendig dié van Weskus Nuus, Boland Media of Media 24 nie
.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article