Foto ter illustrasie. Foto: Unsplash/Shrian Den


In ’n wêreld geteister deur besoedeling en afval, is dit noodsaaklik om te onthou dat afval nie afval is totdat jy dit mors nie. Hierdie stelling –eenvoudig, maar tog so diepgaande – dwing ons om ons optrede en houding teenoor wat ons as afval beskou, en ons verantwoordelikheid teenoor die omgewing, te heroorweeg.

Die mens produseer wêreldwyd elke dag tonne afval uit ons aktiwiteite. – van skoonmaak tot kosverpakking tot elektroniese toestelle. Dit is maklik om hierdie soort afval van ons daaglikse aktiwiteite af te maak as rommel wat weggegooi moet word, maar wat noodsaaklik is, is dat ons ons ingesteldheid oor hierdie siklus van verbruik en wegdoening moet verander, aangesien dit weens onvolhoubaarheid nadelig is vir die omgewing.

Alternatiewelik moet ons afval as ’n waardevolle hulpbron erken wat ons kan hergebruik, herbenut of herwin, en indien nie, moet ons ons verbruik daarvan verminder. Ons kan deur konserwatiewe en volhoubare afvalbestuurspraktyke nie net die negatiewe uitwerking van afval op die omgewing verminder nie, maar terselfdertyd ’n geleentheid skep om op afvalbenutting te kapitaliseer.

Die mens is in staat om deur ’n sirkulêre-ekonomie-benadering te volg en ’n siklus te skep waar afval nie vermors word nie, maar eerder omgeskep word in bruikbare of kommersiële produkte of materiale. Die ekonomiese voordele van die vermindering, hergebruik of herwinning van ons afval sluit in die besparing van geld en die skep van nuwe sakegeleenthede, waarvan beide finansiële voordeel inhou.

Die idee dat “afval nie afval is totdat jy dit mors nie” vra dat ons ons verhouding met die eindige hulpbronne wat ons onderhou, heroorweeg. Dit dwing ons om ons ingesteldheid te transformeer van een van wegdoening na ’n ingesteldheid van vernuwing en bewaring.

Die volgende keer wat jy iets weggooi, onthou dat afval nie afval is totdat jy dit mors nie. Neem ’n oomblik om te heroorweeg hoe jy jou rommel kan herbenut, verminder of herwin. Saam kan ons transformeer hoe ons met afval omgaan en die wêreld vir toekomstige geslagte verander.

’n Paar wenke wat jy tuis kan toepas:.
  • Herbenut gebruikte karton-, plastiek- en glasbakke vir berging;
  • Maak kompos van kosafval en tuinafval;. Skei afval by die bron vir herwinning (glas, plastiek, organies en anorganies, ens.);
  • Gebruik toiletrolkerns, gebruikte teesakkies en eierhouers as vuurmaakmiddels;
  • Bewaar gebruikte water vir tuinmaak en motorwas; en. 
  • Hou gebruikte koffiemoer en eierdoppe as bemesting vir plante.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article