Noudat ons die eerste kwartaal van die jaar afsluit, is dit bemoedigend om te sien hoe stewige vordering aan alle fronte gemaak word – of dit nou siviele werk vir sone 1 is, nuwe fabrieke, nuwe huurders en beleggers en nuwe projekte en programme.
Daar sal byvoorbeeld meer beleggings in die Atlantis-ekonomie wees met twee tenders wat uitgegaan het – een vir die bou van die Quantum V3-fasiliteit binne Sone 1 en die ander vir die opknapping van Eco-Green Link (EGL) se gebou.
Dit was goed om die tenderinligtingsessie te hê met ’n inligtingsessie ter plaatse in Sone 1 op 8 Februarie (vir die Quantum V3-fasiliteit) en op 8 Maart (vir die EGL-gebou).
Dit was ‘n geleentheid vir die tenderaars om ’n gevoel van hierdie projekte te kry en met plaaslike sakeondernemings te skakel. Quantum V3 se tender het op 8 Maart gesluit, terwyl die EGL-tender op 3 April sal sluit.
Hierdie projekte sal ook geleenthede vir plaaslike KMMO’s insluit. Wat KMMO’s betref, is baie lesse geleer en ons gebruik dit om leiding te gee oor toekomstige projekte. Ons moet ’n duidelike onderskeid tref tussen deurlopende KMMO-ontwikkeling en -ondersteuning (afsonderlik van ’n werkkontrak) teenoor hoe KMMO’s moet funksioneer sodra hulle ’n kontrak ontvang het. Wanneer hulle ’n kontrak teken, is dit noodsaaklik dat hulle hulself professioneel bestuur en verseker dat hulle die geleentheid ten beste benut. Ons kan baie min doen as ’n KMMO nie daarin slaag om die tyd en koste van die projek te bestuur nie, aangesien dit heeltemal hul verantwoordelikheid is. Professionaliteit is noodsaaklik wanneer geleenthede vasgelê word en ’n rekord opbou.
Een van die vele lesse wat geleer is, is dat ’n onderneming moet verseker dat hulle ten volle bewus is van wat hulle onderteken wanneer hulle ’n kontrak teken. Vir konstruksieprojekte sluit dit die omvang in van die projek waarvoor hulle gebie het, insluitend die koste van materiaal en aanleg. Wanneer Sone 1 voltooi en ten volle in werking is, sal dit selfs meer werksgeleenthede aan die Atlantis-gemeenskap bied wanneer meer beleggers fabrieke begin bou. Met die deurlopende ondersteuningstelsel wat die Asez daartoe verbind, is ons meer as oortuig daarvan dat ondernemings in Atlantis baie geleenthede het om te groei om ’n suksesverhaal te wees. Dit sal nie gebeur as hulle geleenthede met ’n korttermyn-siening (in en uit) benader nie. Hulle moet ’n rekord bou en wys hulle is in staat om te presteer.
Ons moet voortbou op ons suksesse en leer uit ons uitdagings; daaruit kan ons meer geleenthede suksesvol aangryp.
Laat ons voortgaan om saam te werk en die ekonomie van Atlantis, Kaapstad, ons provinsie en ons land te laat groei.
Tot volgende keer,
Matt


