Jomo Powers het die heel eerste Weskus Nuus Willie Martin/Rowland Hermanus-toernooi gewen. Foto: Joline van der Merwe


Dit was ’n dag wat hulle nie maklik sal vergeet nie.

Só meen deelnemers aan Weskus Nuus se eerste Willie Martin/Rowland Hermanus-uitdaagtoernooi wat Saterdag 28 September by die Robinvale-sportterrein ge­hou is.

Die dag word ter nagedag­tenis van Martin en Hermanus gehou wat deel van die Weskus Nuus-span was. Die dag was ’n reusesukses met 12 plaaslike sokkerspanne en agt netbal­spanne wat in die senior afdeling en 25 junior netbal­- en 15 sokkerspanne wat deel-geneem het.

Weskus Nuus beoog om die toernooi ’n jaarlikse instelling te maak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article