Trevor Magerman het na 38 jaar diens as drukker by Media 24 besluit hy het nou genoeg koerante gedruk.Foto: Verskaf


Wat as ’n skoolvakansie- en naweek-inkomste vir Trevor Magerman begin het, het later tot ’n voltydse werk gelei.

Magerman het sedert hy 12 jaar oud was, by die drukkers in Paarden Eiland gewerk. Weskus Nuus is een van die vele titels wat hier gedruk word.

Hy meen hy het ná 38 jaar diens nou genoeg koerante gedruk.

Hy het in 1982 as persoonlike assistent en skoonmaker daar begin. Die bestuur het destyds nie geskroom om geleenthede vir ongeskooldes te help skep nie.

“Ons kon ons self as vakmanne in die drukkersbedryf bekwaam en baie van my kollegas het in die buiteland gaan werk danksy Naspers se opleiding. Ek het nooit gewag vir geleenthede nie; ek het skouer aan die wiel gesit om my kennis te verbreed. Ek het verskillende personeel-ontwikkelingskursusse voltooi,” vertel Magerman. “My hoogtepunt by die maatskappy was toe ek ander as drukkers kon oplei danksy die gehalteopleiding wat ek deur my loopbaan ontvang het.”

Magerman bemoedig die jongspan met hierdie woorde: “Moenie vaskyk in die probleem nie, maar vind die oplossing, want op die leer na sukses is daar baie plek vir ander.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article