Lede van die Atlantis-misdaadvoorkomingseenheid met die hoëgehalte dagga wat vermoedelik uit Namibië ingesmokkel is.Foto: Verskaf


Drie mans is die afgelope Woensdag (2 Oktober) met byna 100 kg hoëgehalte dagga by ’n vulstasie op die N7 aangekeer.

Volgens kapt. Lisa Munro, ’n polisiewoordvoerder, het die Atlantis- misdaadvoorkomingseenheid blitsig reageer nadat die mans verdag voorgekom het.

Die mans, wat met ’n bus uit Namibia aangekom het, het kliënte van die vulstasie ongemaklik gemaak met hul senuweeagtigheid en die polisie is gekontak, bevestig Munro. Die mans het met die groot sakke ongemaklik tussen vragmotors beweeg, waar die polisie hulle aangetref het.

Sersant Unick Fourie met een van die pakke dagga wat by ’n vulstasie buite Atlantis gekry is. Foto: Verskaf

Volgens Munro het die vinnige optrede van die polisie gekeer dat die mans die toneel met die dagga kon verlaat en sê dit is onbekend of die dagga dalk met ’n vragmotor vervoer sou word. Die dagga is vermoedelik vir Vanrhynsdorp bestem en drie mans is op die toneel aangekeer, bevestig Munro. Die verdagtes word aangekla vir handel in dagga en word by die Philadelphia-polisiekantoor aangehou.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article