Dit is onbekend of hulle net honger was en of hulle dalk die sekuriteitswagte se vuurwapens wou hê.

Witsand is Woensdagoggend vroeg wakker geskud deur ongeveer 20 skote toe onbekende mans vermoedelik ’n broodafleweringsvoertuig wou kaap.

Die voertuig is vergesel deur gewapende wagte in hul eie voertuig, wat besef het iets is verkeerd en gejaag het na die polisiekantoor.

Volgens omstanders op die toneel het die kapers op die sekuriteitswagte losgebrand en hul voertuig aan flarde geskiet, voordat hulle sonder enige buit laat spaander het.

Omgekrapte omstanders op die toneel sê dat hulle keelvol is vir die inkommers wat hul rus versteur en die plek so ’n slegte naam gee dat nie eers die “broodlorrie” veilig is om hier af te lewer nie.

Volgens kol. Cyril Nkuna, plaaslike stasiebevelvoerder, is twee wagte gewond terwyl ’n 16-jarige wat in ’n nabygeleë hokkie geslaap het, ook gewond is.

Nkuna sê die motief is roof en dat geen verdagtes nog aangekeer is nie.

Die drama volg nadat twee mans verlede week in Witsand doodgeskiet is. Volgens Nkuna is die twee verdagtes nie plaaslik nie. Hy sê die twee mans is later herken as die twee wat vermoedelik vroeër motors in die gebied wou kaap. Dit is egter nog onbekend wie die twee vermeende kapers geskiet het.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article