Atlantis-rugbyklub het Saterdag op sy tuisveld gewys dat nuwe besems skoon vee.

Dié klub wat met ’n nuwe bestuur en afrigtingskorps spog, het die Polisie-rugbyklub met 18-15 geklop nadat die span rustyd met 15-10 voor was.

Die klipharde wedstryd was die span se eerste voorbereidingswedstryd van die seisoen en die hoofafrigter, Shannon Mahoney, sê dit maak hom opgewonde vir die res van die seisoen.

Volgens Mahoney het sy span gesukkel om ritme te vind, maar soos die spel verloop het, het die spelers mekaar gevind en goeie rugby opgelewer.

Die span se dissipline en hanteerwerk het hom by tye in die steek gelaat en het ook die span punte gekos wat die span van Polisie in die prentjie gehou het. “Die feit dat die spelers karakter en veggees toon, is beslis ’n teken dat ons op die regte pad is,” het die nuwe afrigter gesê.

Atlantis met twee geelkaarte, sal beslis hard moet werk aan sy dissi­pline wat hulle ook duur te staan kan kom in sy ligaverpligtinge. Hulle het ook met die vasteskrums. Volgens Mahoney vat hulle dit wedstryd vir wedstryd, maar erken dat daar ’n paar goed is wat dringend aandag sal moet geniet.

Die span pak Hamlets komende Vrydagaand in Mamre in hul volgende voorbereidingswedstryd.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article