Die onlangse Versoek vir Voorstelle van die Stad Kaapstad vir alternatiewe energiebronne om binne 10 jaar grootliks onafhanklik van Eskom te wees, ontlok heelwat belangstelling – veral in die verskaffing van sonpanele op groot maat om die stad onafhanklik van Eskom te maak.

Die Atlantis SEZ is ook op die lys beleggers wat sonplase wil ontwikkel as deel die reaksie op die versoek vir voorstelle.

Suid-Afrika is een van die Afrikalande met die grootste potensiaal vir sonkrag. Suid-Afrika het gemiddeld 2 500 uur sonlig per jaar. Hierdie hoeveelheid ure word jaar vir jaar herhaal en is dus konstant, dus is dit moontlik om dit as ’n hernubare energiebron te voorspel en te vertrou.

Sonenergie kan ’n belangrike pilaar vir die opwekking van skoon energie wees. Dit is ook ekonomies lewensvatbaar, aangesien party gebiede nie vir ander doeleindes gebruik kan word nie en ideaal is vir die bou van fotovoltaïese sonkragaanlegte.

Tans word 90% van Suid-Afrika se energie deur steenkool geproduseer en die besoedelingsvlakke is hoog.

Suid-Afrika genereer ongeveer 369 miljoen ton CO2 per jaar deur die gebruik van steenkool as die belangrikste bron van energie. Op die vasteland is dit die grootste vrysteller van C02 en SA word wêreldwyd 16de geplaas.

Sonenergie kan dieselfde hoeveelheid elektrisiteit as steenkool lewer, maar teen ’n laer koste en ’n laer omgewingsimpak.

Afrikalande het ernstige probleme met ’n gebrek en tekort aan elektrisiteit, maar gebruik ook olie, steenkool en gas, onder andere, waarvan hulle baie moet invoer.

Om die natuurlike hulpbronne in Suid-Afrika te begin benut en hernubare energie te gebruik, is die beste beleid om daarmee te begin om dit te implementeer.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie sal baat vind by die verandering in energiebronne, wat nie net die hoeveelheid elektrisiteit sal verhoog nie, maar dit kan selfs energie na ander lande uitvoer.

Daarbenewens sal die lewensgehalte van die bevolking verbeter word deur toegang tot energie wat noodsaaklike dienste goedkoper kan maak.

’n Belegging in sonenergie sal help om die hoeveelheid besoedeling per jaar aansienlik te verminder.

Ons energieplanne by die Atlantis SEZ is gereed. Die idee is om so naby as moontlik te kom aan ’n punt waar ons nie 100% van Eskom afhanklik is nie. Ons plan is om gebou-ontwerpe in te stel waarvolgens elke fabriek só ontwerp is dat sonpanele op die dak aangebring kan word. Dié gebruik sal meer en meer in Atlantis, ’n opkomende groen dorp, gesien word.

Planne is een ding; implementering is ’n ander storie. Ons het begin.

Die Kaytech-fabriek in die ASEZ met sy sonpanele is reeds ’n bekende gesig.

So, as jy weer die lekker warm son op jou gesig voel, dink net wat dit kan doen as die son op sonpanele skyn – krag, mense, baie krag!

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article