Ingrid Beets (28), Atlantis se eie
danssensasie, werk steeds elke dag
hard om haar talent te vervolmaak
en ook om ander onder haar vlerk by
die Ingrid Beets School of Dance te
neem. Volgens Beets het sy van jongs af
besef sy wil ander jong mense met haar
talent inspireer en het daarom ’n
choreograaf geword om haar eie skool
te begin.
“Ek het besef die soort opleiding wat
ek verlang, was nooit in Atlantis
beskikbaar nie en ek moes altyd na
ander plekke soos Kaapstad vir
topgehalte dansonderrig reis,” vertel
Beets aan Weskus Nuus.
Volgens dié bekende danser, wat reeds
die internasionale verhoog in 2014 in
die VSA bestyg het, het die
ondervinding haar genoop om terug te
ploeg in haar gemeenskap. Sy het die
geleentheid benut om haar eie skool,
wat nou reeds 70 studente het, te begin
sodat dansers nie na buitedorpe hoef te
gaan vir gehalteonderrig nie, vertel sy.
“Baie mense het gesê dit gaan nie in
Atlantis werk nie, want hier is te veel
armoede. My antwoord bly steeds
dieselfde – dit gaan nie oor die geld nie,
maar eerder om jonger dansers met
kennis te bemagtig,” sê sy.
Beets sê die idee van haar skool is om
dansers te laat besef watter soort
geleenthede dans vir hulle kan bied –
soos wat sy in 2014 gehad het toe sy
Suid-Afrika in Amerika by die
“Applause rising talent showcase”
verteenwoordig het. Sy het in die top-10
geëindig.
Die Ingrid Beets School of Dance, wat
in Oktober 2020 gestig is, se dansers het
reeds hul heel eerste kompetisie –
Atlantis Got Talent – wat op 1 Mei in
Mamre beslis is, gewen. Sy beoog om
die dansers te laat besef enigiets is
moontlik. Sy sê alles is te danke aan
God en Sy genade dat sy die geleentheid
het om die skool te bedryf terwyl die
land ingeperk is, en bedank ook haar
familie – veral haar ma – vir hul steun.
Dansers het hier gewis iets beet
|
Share this post:

Verskaf
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.

Share this post:
Related Articles
Leave a comment
You need to be Logged In to leave a comment.
