Die Caltex-Solly’s-dienssentrum dien nie net die Atlantis-inwoners al baie jare nie, maar is ook bekend vir uitreikingwerk na gemeenskapsorganisasies waar hulle op sosiale vlak ook ’n bydrae lewer.
Die Emmaneul-dagsorgsentrum vir kinders met spesiale behoeftes het Woensdag 4 Oktober ’n skenking van ’n groot KIC-yskas by die Caltex-Solly’s-dienssentrum ontvang.
Abdul Gaffoor, ’n direkteur van die dienssentrum, en Melanie Rhenier, die bestuurder in samewerking met MOOV Fuel & Lubricants, Sandy Naidoo, die rekeningbestuurder en die verkoopsbestuurder, Martin de Kock, het die skenking aan die sentrum oorhandig.
In sy toespraak het Gaffoor gesê hulle help graag gemeenskappe wat ’n behoefte het, en het in hierdie geval die Emmanuel-dagsorgsentrum gekies omdat hulle ’n behoefte het om hul bederfbare voedsel te stoor.
Joyce Anderson, die bestuurder van die sentrum, het die Caltex-Solly’s- diensemtrum en MOOV Fuel & Lubricants vir hul ruim skenking bedank.
“Ons het altyd ’n tekort aan bergplek vir bederfbare kos, maar danksy die skenking sal ons nou meer voedsel kan berg, want dit het baie ruimte,” het sy bygevoeg.


