Alle geregistreerde lede van die Mamre- vereniging van gemeenskaplike eiendomme (CPA) word in kennis gestel dat ’n verkiesing van uitvoerende raadslede asook ’n algemene jaarvergadering Saterdag 12 Maart 2022 gehou sal word.
Die verkiesing sal in die gemeenskapsaal en Paradiselaansaal tot 12:00 wees, waarna die jaarvergadering van 13:00 af in die Lobensaal sal plaasvind.
Indien enige lid belangstel om as uitvoerende bestuurslid verkies te word, kan die benoemingsvorm by lede van die huidige bestuur verkry word. Die voltooide vorm moet weer voor 6 Maart by enige bestuurslid ingedien word.
Moontlike grondwet-veranderinge sal ook op die algemene jaarvergadering dien vir aanvaarding of afkeuring.



