Baie families moes die tragiese verlies van hul geliefde weens Covid-19 deurmaak.
Gedurende dié pandemie is die verlies van ’n geliefde ongelukkig ingewikkeld, want die verdere verspreiding van die koronavirus moet voorkom word.
Die provinsiale gesondheidsdepartement het dus nuwe riglyne daargestel om te verseker die nodige veiligheidsmaatreëls word geneem wanneer geliefdes ter ruste gelê word.Hoe kry ek duidelikheid oor wat gebeur het? • Wanneer jy verstaan wat met jou geliefde gebeur het, kan dit help.
Praat met die gesondheidsorgwerkers wat jou geliefde versorg het of enigiemand anders wat weet van Covid-19. Besigtiging van ’n geliefde wat aan Covid-19 gesterf het
Nuwe regulasies probeer die verspreiding van koronavirus te keer en dit kan jou dalk verhoed om jou geliefde se liggaam te sien. Indien jy wel toegelaat word om die liggaam te besigtig, moenie aan die liggaam raak nie.Kan ’n besigtiging gehou word?
As die familie besluit om ’n besigtiging te hou, volg hierdie riglyne: • Niemand mag aan die oorledene raak nie. • Behou ’n veilige afstand tussen mekaar. • Dra ’n masker. • Ontsmet hande agterna. Voorsorgmaatreëls wanneer geliefdes se liggaam voorberei word • Die oorledene mag slegs deur begrafnisondernemers of mense wat opgelei is en persoonlike beskermde klere dra gewas en aangetrek word. • Die liggaam moet by die begrafnisondernemer bly tot die begrafnis. Wanneer jy jou geliefde se besittings ontvang
Was die klere en beddegoed met warm water en seep.
Ontsmet die ander artikels (selfoon, bril en toiletware) met ’n verdunde bleikmiddeloplossing. Wanneer jy klaar met die ongewaste artikels gewerk het, was jou hande deeglik. Die hou van ’n veilige begrafnis of ritueel
’n Begrafnis bied die geleentheid vir familie en geliefdes om afskeid te neem, maar dit is belangrik om te onthou mense kan die koronavirus by jou geliefde se liggaam en ook by mekaar kry.
Indien jy wel ’n begrafnis of ’n ritueel hou, volg hierdie riglyne: • Probeer om die begrafnis binne drie dae van die afsterwing te hou.• Slegs 50 mense (familie, gaste en personeel) word toegelaat. • Oorweeg ’n regstreekse video vir diegene wat ouer as 55 is of kroniese toestande het. • Die teraardebestelling moet minder as 30 minute aanhou. • Moenie ná die begrafnis ’n samekoms hou nie.• Bly 1,5 meter weg van die ander roubeklaers. • Vermy handdrukke, drukkies of soentjies. • Hou ’n register van die roubeklaers.
Dit sal die gesondheidsowerhede in staat stel om hulle op te spoor indien iemand Covid-19 sou kry. Is daar enige logistiek waarvan ek bewus moet wees?• Registreer jou geliefde se dood. Jy sal hul identiteitsdokument en die kennisgewing van dood van die hospitaal nodig hê. Vra die begrafnisondernemer om jou te help. • Reël die begrafnis.
Wanneer iemand aan Covid-19 sterf, is die aanbeveling dat hul oorskot veras moet word. Kyk na jouself
Dit is belangrik om te onthou om na jouself te kyk.
Dit sluit in om jou eie gesondheid ’n prioriteit te maak en maniere te vind om dinge te hanteer.
Om ’n geliefde aan die dood af te staan, raak almal op verskillende maniere; daar is nie ’n regte of verkeerde manier nie.

