Die voorsitter van subraad 1, Cynthia Clayton, het bedank en sal teen 30 Desember haar kantoor ontruim.
Clayton het Vrydag 22 November dié aankondig voor ’n spesiale raadsvergadering gemaak.
Volgens Dirk Smit, speaker van die Kaapse metro, het Clayton kort voor die begin van ’n spesiale raadsvergadering waar ’n mosie van wantroue teen haar ingedien sou word, hom ingelig van haar besluit om te bedank.
Dié mosie is deur Barbara Rass, raadslid van wyk 32 teen Clayton ingedien en deur Nora Grose, raadslid van wyk 23, wat haar oog op die subraadvoorsitter posisie het, ondersteun.
Weskus Nuus het in die laaste uitgawe berig oor die DA se pogings om van Clayton ontslae te raak.
Volgens Clayton was sy aangekla daarvan dat sy sake van Patricia de Lille se Good-party vanuit haar kantoor bedryf, maar sy meen daar was geen bewyse met die ondersoek gevind nie.
“Ek is toe aangekla omdat ek nie presteer nie, maar het nog nooit ’n swak vorderingsverslag van enige iemand ontvang nie,” voeg sy by.
Clayton meen politieke vuilspel deur haar mede-raadslede het haar gedwing om dié “moeilike besluit” te neem.
“Ek moes destyds besluit tussen my passie vir verpleging en politiek. Ek het op politiek besluit omdat ek my gemeenskap beter kon dien. My harde werk in die party is ’n duidelike bewys hiervan.
Sedert 2006 het ek my wyk oortuigend gewen en behou,” sê Clayton.





