CJ van Zyl (13) is Weskus Nuus en SuperSport se Let’s Play-wenner vir Mei.Foto: Murphy Roberts


CJ van Zyl (13), ’n graad 7-leerder aan Saxonsea Primêr, het vanjaar alle verwagtinge met sy sportprestasies oortref.

CJ was die enigste sokkerspeler van Atlantis wat die o.14- Ikapa United-sokkerspan gehaal het. Dié span het in April aan die Dallas-beker-sokkertoernooi in Amerika deelgeneem.

Dié jong speler is in hierdie toernooi as een van die uitstaande spelers raakgesien, en CJ is hierna as kaptein van die Northern Districts-sokkerspan, wat in die Junie-vakansie in Durban getoer het, aangewys.

Hier was hy ook ’n uitstaande speler met sy uitsonderlike talent en die leierskapvaardighede waarmee hy sy span gelei het.

CJ, wat ook ’n kranige rugbyspeler is en net so in atletiek uitblink, is as Weskus Nuus en SuperSport se Let’s Play-wenner vir Mei aangewys.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026
    WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026

Gift this article