Ons sien nou eers die werklike uitwerking van die Covid-inperking – in Suid-Afrika én in Atlantis.

Die pandemie het ’n uiteenlopende invloed op die ekonomie, voedselsekerheid en die gesondheidsorgstelsel gehad. Talle lande oor die wêreld heen is in resessie weens die ekonomiese afswaai as gevolg van Covid. Die pandemie beklemtoon die noodsaaklikheid van dringende optrede om die ekonomiese gevolge te demp en die platform vir ’n blywende herstel te skep.

Ons huidige beklemmende kragkrisis maak ons situasie ’n nog groter ekonomiese uitdaging. Verhoogde werkloosheid, ekonomiese onrus en sosiale ongelykhede het armoede in en weens die pandemie vererger.

Die gevolg van die pandemie op die onderwys kan nie onderskat word nie. Gedurende die eerste en tweede golwe is onderwysinstellings gesluit en onderrig is onderbreek omdat onderwysers en leerders/dosente aanlyn onderrig moes gebruik. Baie leerders het egter nie toegang tot toestelle gehad of oor die vaardighede beskik om hierdie nuwe manier van leer en onderrig baas te kan raak nie.

Die pandemie het ook die broosheid van gesondheidsorgstelsels blootgelê en ons het die gebrek aan of beperkte beskikbaarheid van noodsaaklike toerusting in hospitale ervaar.

Die pandemie het ons lewens ontwrig, maar dit het ook ’n behoefte aan verandering en denkwyse teweeggebring. Geleenthede vir tegnologiese vernuwing het ontstaan as gevolg van ’n toename in skeppende en nuwe denke. Tydens die inperking het e-handel aansienlik toegeneem en werk van die huis af het tot ’n digitale ontploffing bygedra. Die wêreldwye krisisse wat die pandemie meegebring het, het ons ook die geleentheid gebied om ons sakemodelle en maniere van sake doen en mensebestuur op strategiese wyse te heroorweeg en ons strategiese planne oor die volgende klompie jare te vernuwe.

Ons moet nou dringend in ons vermoë belê op die gebied van ondernemingsvaardigheid en veerkragtigheid om die manier waarop ons in verskillende instellings sake doen, te herstel en te herbedink.

Menslikehulpbronbestuur in alle sektore en alle grootte ondernemings het die geleentheid in talentwerwing en die ontwikkeling van hul werknemers se vaardighede om te belê. Nuwe benaderings tot die digitale wêreld bied onbeperkte geleenthede, en daarom is die Atlantis SEZ se opleidingsprogram van kardinale belang.

Hoewel die pandemie die wêreld op soveel maniere beïnvloed het, het dit ons ook ’n geleentheid gebied om ’n nuwe sosiale kontrak te onderhandel. Dit het ons herinner ons is almal met mekaar verbind en ons moet kragte saamsnoer om dit te oorkom.

’n Wêreld van geleenthede het te midde van hierdie krisis ontstaan en ons moet dit aangryp en na die beste van ons vermoë benut. Daarom is die Atlantis SEZ ’n geleentheid om dinge anders te doen – met die oog op die toekoms; nie die verlede nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article