Die Atlantis- Spesiale Ekonomiese Sone (Ases) is op die punt om ’n opwindende reis te begin deur die siviele infrastruktuur van sone 1 van die Ases-grond neer te lê.

Die konstruksie-maatskappy aan wie die tender toegeken is, WCB Construction, hoop om die eerste sooi vroeg in Mei te spit. Die maatskappy moet tydens die bouwerk toesien dat afval en energie-gebruik – waar moontlik – verminder word.

Maar wat gebeur as konstruksie begin en hoe volhoubaar en veilig is dit?

Hier is ’n paar wenke om vir enige konstruksie-projek in ag te neem:. Voorkom foute en herstelwerk

Foute word dikwels met konstruksie-projekte gemaak – van produkte van swak gehalte tot strukture wat die verkeerde afmetings het of op die verkeerde plek gebou is. Die afbreek en herbou daarvan lei daartoe dat ekstra materiaal en hulpbronne gebruik word. Boonop moet die gesloopte materiaal na ’n stortingsterrein gestuur word. Kontrakteurs kan die skade aan die omgewing verminder deur te verseker dat werk die eerste keer reg gedoen word.. Gebruik die korrekte grootte konstruksie-toerusting met die regte gereedskap. Die huur van ’n groot masjien kan doeltreffend lyk, maar ’n groot masjien gebruik meer brandstof. Masjiene wat te klein en nie kragtig genoeg is nie, is ook ondoeltreffend en kan meer brandstof gebruik om dieselfde hoeveelheid werk te doen.. Skei afval vir herwinning. Groot hoeveelhede afval word op konstruksieprojekte geproduseer, wat verpakkings- en oorskiet boumateriaal insluit. Om rommel weg te gooi, is duur. Deur herwinbare afval te skei, kan stortingsfooie verminder word, en dit is goed vir die omgewing.. Hergebruik materiaal aangesien baie produkte meer as een keer gebruik kan word, hetsy dit vir vormwerk of beskermende bedekkings is. Die hergebruik daarvan verminder nie net die koste om nuwe produkte of materiaal te koop nie, maar verminder ook die hoeveelheid rommel wat na die stortingsterrein gaan.. Skakel watervermorsing uit deur seker te maak alle lekkende pype of krane word vinnig reggemaak. Projekte met spoeltoilette kan lekkende toilette hê wat nie herstel is nie. Water is ’n skaars kommoditeit en moet so ver moontlik gespaar word.. Konstruksie-projekte is ’n groot gebruiker van materiaal en skei groot hoeveelheid kweekhuisgasse af. Deur afval uit te skakel en noukeurige beplanning te doen, kan konstruksie-projekte minder skadelik vir die planeet wees. Die regte keuses sal die omgewing in die lang termyn bevoordeel. Wanneer kontrakteurs by die ontwerp betrokke is, is dit belangrik dat hulle die regte keuses maak.Vir meer inligting oor wat die Ases doen om ’n groener ekonomie te bevorder, besoek www.atlantissez.com of stuur ’n e-pos na hello@atlantissez.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article