Donderdag 4 Mei was ’n geskiedkundige dag vir die Atlantis-Sez en sy missie om groentegnologie-vervaardigingsinvestering na Atlantis te bring.
Dít was die dag wat stootskrapers na Sone 1 beweeg het om letterlik die weg na die bouproses oop te maak en die terreinkantoor te vestig. Die eerste drie boutenders vir klein, medium en mikro-ondernemings (KKMO’s) is reeds geadverteer en toegeken.
’n Week later was die eerste KMMO’s ook op die terrein om georiënteer te word en met die skoonmaakwerk te begin. Sodra die terreinvoorbereiding voldoende gevorder het, sal ons die eerste fabriek begin bou. Die begin van die bouwerk stuur ook ’n positiewe boodskap aan ons beleggers.
Dit wys dat ons ons beloftes kan nakom. Wat ook belangrik is, is dat ons hierdie reis saam met die gemeenskap van Atlantis gestap het. Met die Community Stakeholder Network (CSN) en sy Infrastructure Working Group (IWG) het ons ’n verbintenis om plaaslike KMMO’s in diens te neem en deur die konstruksieprogram te ondersteun.
Baie uitdagings en struikelblokke lê nog voor, en daar sal altyd probleme wees wat in die proses opgelos moet word.
Die belangrikste is egter dat ons begin het, en daarmee kan ons seker wees meer belegging en ontwikkeling sal volg.
Die begin van bouwerk is besig om die infrastruktuur ontwikkelingsdeel van die SEZ-mandaat na te kom.
Ons praat ook voortdurend met beleggers wat daarin belangstel om hul produkte in Atlantis te kom vervaardig. Ons vergader elke week met ten minste een (en soms tot drie of vier) beleggers.
Dit neem tyd vir ’n belegger om al die stukke bymekaar te sit om ’n nuwe vervaardigingsaanleg te bou en dit te open. Hulle moet kopers vir hul produk hê, verskaffers van die nodige grondstowwe opspoor en ook die toerusting wat hulle sal gebruik om te vervaardig. Dan het hulle die vaardighede en tegniese kundiges nodig om dit te installeer en uit te voer.
Ten slotte moet hulle die finansiering verseker om dit alles op te stel en te begin produseer. Dit is ’n groot onderneming – selfs vir groot oorsese maatskappye. As die Atlantis-Sez ondersteun en adviseer ons hierdie beleggers voortdurend en help hulle om al die stukke van hul projek te voltooi sodat hul vervaardigingsaanleg in Atlantis opgerig kan word.
Op die oomblik het ons 14 beleggers met wie ons aktief saamwerk. Nie almal van hulle sal ’n punt van belegging bereik nie, maar ons verwag wel sommige van hulle sal daardie punt bereik. Met die bou van siviele infrastruktuur wat in Sone 1 van die Atlantis-Sez plaasvind, sal ons grond vir hulle gereed hê sodat ons vir hulle hul fabriek kan bou sodra hulle gereed is.
Tot volgende keer,
Matt


