Kollegas is steeds geskok ná die skielike dood van die waarnemende hoof van Wesfleur Primêr Thurston Noble (56).
Noble het Saterdagaand in ’n motorongeluk gesterf.
Dit is onduidelik wat presies gebeur het.
Russel Andrews, plaaslike kringbestuurder, sê die skool sal later meer inligting verskaf. Huldeblyke stroom in sedert die nuus bekend gemaak is en die onderwys is in rou gedompel, het skoolhoofde en opvoeders op Facebook gesê.
Volgens Kapt. Lisa Munro, ’n polisiewoordvoerder, het Noble op die toneel aan sy beserings beswyk en ’n klagte van strafbare manslag word ondersoek.


