Dit gons behoorlik op YouTube en Facebook oor die haglike omstandig­hede waaronder meer as 100 mense op ’n plaas buite Mamre woon.

In die YouTube-video word die raads­lid Nora Grose aangeval omdat sy glo nie vir die oumense omgee nie.

Grose, voorsitter van subraad 1, word beskuldig dat sy en die DA hul “rug op wit Afrikaners gedraai het”.

Die drama spruit uit die stigting van die Life on the Farm waar 100 mense op ’n plaas buite Mamre woon. Inwoners betaal duisende rand aan huur en meen van hulle is onder valse voorwendsels uit Pretoria gelok.

Op die YouTube-kanaal, Loving Life, beweer die aanbieder die DA skeep dié inwoners af omdat hulle wit is. “Swart mense geniet alleen voordele terwyl wit mense gefaal word,” sê die aanbieder van die kanaal.

Volgens John Steenhuisen, tussen­tydse DA-leier, is dié aantygings in die video onwaar en is dié kanaal reeds geruime tyd ’n bron van fopnuus. Die Kaapstadse metroraad is in kennis gestel dat inwoners van dié nederset­ting deur die Mamre-inwoners-vereni­ging aangekla aangesien die inwoners onwettig die grond besit.

Inwoners het nie basiese dienste nie.

Steenhuisen sê ’n span van die metro­­raad saam met gesondheids-amp­te­nare, wetstoepassing en beamptes van maatskaplike ontwikkeling, het 5 Febru­arie die terrein besoek. “Wanneer sulke ernstige bewerings gemaak word, is dit die Stad se verantwoordelikheid om onmiddellik ’n inspeksie te doen en om in te gryp om die inwoners se welstand te verseker. Bewerings dat die polisie met snuffelhonde huise oopgebreek het, is onwaar omdat slegs die Stad se wetstoepassers op die toneel was,” sê hy.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article