Jesse Stevens se pa, Grant, soek net geregtigheid ná sy kind se dood.Foto: Murphy Roberts


Die 18-jarige Rezarioa Adams is Donderdag 3 Oktober skuldig bevind aan strafbare manslag vir die dood van Jessie Stevens (7) en sal vandag sy lot hoor.

Stevens is in Julie 2016 deur ’n vierwielmotorfiets van die sypaadjie in Nottingham­weg, Sherwood Park, omgery. Stevens het ’n kort tydjie later aan sy beserings beswyk. Die verdagtes, almal glo minderjariges, het blykbaar van die toneel weggejaag.

Die saak moes volgens familie­lede reeds lankal afgehandel gewees het, maar hulle is positief dat gereg­tigheid vandag sal geskied.

Volgens ’n tante van Stevens was daar baie pogings om die saak uit die hof te hou.

Sy vertel dat Stevens se ouers ’n pleitooreenkoms, wat in Weskus Nuus se besit is, moes teken wat die verdagte met ’n opgeskorte vonnis sou laat wegloop.

“Jesse se ouers het egter geweier en het hul lot na die landdros geneem wat die ooreenkoms verwerp het. Die familie is deur hel en terug, want as die dossier nie glo verdwyn het nie, dan kon dit nêrens opgespoor word en al wat pa Grant wou hê, is dat geregtigheid moet geskied,” vertel die familielid.

Gerugte dat die dossier verdwyn het, is deur die polisie ontken en kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het verlede jaar aan Weskus Nuus gesê dat die dossier nooit regtig verlore was nie, maar by ’n Kaapse hof.

Grant wou nie aan Weskus Nuus kommentaar lewer nie en het gesê hy wil eers sien wat in die hof gebeur.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article