Inwoners van Mamre het ’n vrou gewaarsku om die onwettige strukture te verwyder of hulle sal dit self verwyderFoto’s: Murphy Roberts


Onwettige grondbesetters sal nie langer geduld word nie.

Só het inwoners van Mamre aange­voer nadat onwettige grondbesetters Donderdag 13 Februarie kamp opgeslaan het in dié gebied.

Inwoners van die historiese sendingstasie het Emelda Saligee en haar geselskap gevra om die strukture wat uit nuwe wendyhuise bestaan, weer af te breek.

Saligee hou egter vol sy is nie onwettig op die grond nie en het reeds duisende rande uitgegee om ’n pad aan te lê en het beplan om onder meer ’n voëlpark op te rig.

Die stuk grond wat Saligee vir haar afgebaken het, is deel van sowat 4 000 hektaar grond wat in 2013 deur die nasionale regering aan die Mamre-inwoners teruggegee is.

Dié grond is in 1986 van 500 families ontneem om weens Apartheid plek vir die ontwikkeling van Atlantis te maak.

Vrydag het die inwoners van Mamre teruggekeer met amptenare van die departement van landelike ontwikkeling, wat aan Saligee verduidelik het dat dit privaat grond is.

Volgens Saligee was sy reeds meer as twee jaar op die plaas en sê die ontwikkeling sou skoolkinders en gestremdes bevoordeel omdat hulle gratis toegang tot die geriewe sou kry. Inwoners het ander inwoners op naburige grond ook gewaarsku dat hulle moet op pak.

Wilfred Solomons-Johannes, voorsitter van die Die Mamre- Communal Property Association (MCPA), sê die departement van landelike ontwikkeling en grondher­vorming moet hul verantwoorde­likheid nakom om van die onwettige grondbesetters ontslae raak.

“Die staat het miljoene uitgegee om die plaas Waterberg, net buite Darling, te koop – reeds om mense te hervestig,” verduidelik Solomons-Johannes. Hy voer verder aan dat slegs enkele grondbewoners na die nuwe plaas geskuif het, die res het aangebly en bewoon nou die grond onwettig. Solomons-Johannes sê die MCPA sal die openbare beskermer en minister van openbare werke en infrastruktuur vra om die voorval te ondersoek aangesien belastingbetalers se geld gebruik is om die plaas aan te koop.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article