Terwyl bloed weer vryelik vloei, maai bendes mekaar steeds af. In die jongste voorval is ’n 20-jarige man Sondag 4 Februarie in Buntingsingel in Robinvale dood geskiet.

Volgens ’n betroubare bron was die oorledene ’n lid van die ’n plaaslike bende. Die bron sê die oorledene is verskeie kere in die kop en lyf getref en is op die toneel dood.

Kapt. Lisa Munro, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê geen verdagtes is nog aangekeer nie. Volgens inwoners woed die skietery reeds lank en gerugte dat die oorlede se bende hul turf terugeis, kon nie bevestig word nie.

. Die moord op ’n hawelose man in Januarie voor die biblioteek het gemengde gevoelens op sosiale media ontlok. Die man, wat gereeld voor die biblioteek geslaap het, is vermoedelik in die vroeë oggendure met ’n sementblok doodgeslaan. Die motief is onbekend. Volgens die polisie het ’n 34-verdagte homself ná die voorval oorgegee. Volgens die waarnemende stasiebevelvoerder, lt.kol. Mario Thyse, is verskeie verdagtes reeds aangekeer vir die rits moorde in Desember en Januarie het. Thyse sê die polisie het ook verskeie suksesse met vuurwapens gehad.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article