Atlantis se Baggy Blues het die halfeindstryd van die WP se T20-kriekettoernooi gehaal en sal later weet wie sy teenstaanders sal wees,Foto: Atlantis-krieket


Die Atlantis Baggy Blues het Saterdag na die halfeindstryd van die WP se T20-kriekettoernooi deurgedring.

Die span het Saterdag 5 Oktober sy veldtog met ’n goeie oorwinning van ses paaltjies teen Yorkshire in Blue Downs afgeskop.

Atlantis het die loot gewen en Yorkshire ingestuur om te kolf. Die tuisspan kon nie baie weerstand teen Jevon Cloete (4/23) en Areldo Meintjies (3/9) bied nie en is vir ’n skamele 88 uitgehaal.

Die Baggy Blues het daarna die teiken met ses paaltjies in die bank verbygesteek met kaptein Justin Rooibaaitjie (47) en Jevon Cloete (19) wat die beurt geanker het.

Die span het daarna Helderberg gepak wat ’n skaflike 113 lopies aangeteken het. Die span van Rooibaatjie het egter vasgebyt en die wenlopies in die laaste boulbeurt met een paaltjie staande behaal.

Atlantis het egter sy rieme styfgeloop teen ’n begeesterde tuisspan wat 115 lopies in sy beurt behaal het danksy goeie boulwerk deur Christopher Links (3/25) en Eldine Goliath (2/18).

Kaptein Rooibaatjie (23) en Meintjies (22) het moedig probeer, maar die span is nege lopies kort almal uitgeboul.

Atlantis moes Saterdag (12 Oktober) sy laaste groepwedstryd teen Macassar in Landsdowne wen om die halfeindstryd te haal. Macassar, wat eerste gekolf het, kon 113/7 behaal danksy bestendige boulwerk deur Kurt Julius (2/18), Ashley Goliath (2/13) en Areldo Meintjies (2/17). Atlantis het daarna koelkop gebly en Rooibaatjie het weer van voor gelei met 29 lopies.

Terwyl Abe Henkelman (28) en Ashley Goliath (19*) ook hul deel met die kolf bygedra het en het die wedstryd met drie paaltjies gewen. Atlantis sal eers later in die week weet wie sy teenstaanders in die halfeindstryd sal wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article