Skole in Atlantis is lank nie gereed om na normaal terug te keer.

Só meen Evan Marthinus, voorsitter van die Atlantis Skool Hoofde Vereniging. Die drama volg nadat drie van die hoërskole verlede week moes sluit weens die pandemie.

Volgens Marthinus is dit verder kommerwekkend dat ’n leerder van Robin Hill Spesiale Skool ook onlangs weens die virus gesterf het.

Volgens die voorsitter het plaaslike skole reeds verlede kwartaal besluit om aansoek by die Wes-Kaapse departement van onderwys, om voort te gaan met beurt opvoeding. Dit blyk egter die pandemie het dié planne in die wiel gery.

Atlantis Sekondêr het Donderdag (12 Augustus) in ’n omsendbrief aan ouers en leerders gesê die skool sal Vrydag 13 Augustus gesluit wees vir goeie skoonmaak. Volgens die brief is 18 leerders tans positief vir die koronavirus en ’n verdere 23 is tans in isolasie.

Op hul beurt het Robinvale Sekondêr op Donderdag (5 Augustus) in ’n brief laat weet die skool moet sluit na ’n positiewe geval. Volgens die brief is drie personeellede en ses leerlinge positief getoets vir die virus terwyl 21 leerders en nog ’n personeellid in isolasie is.

Proteus Sekondêr het ook vroeër vandeesmaand gesluit, maar geen besonderhede is bekend gemaak nie. Volgens Gary Markus, waarnemende hoof by Saxon-Sea Primêr, het die skool geen positiewe gevalle nie, maar het baie leerders wat in isolasie is, is egter ’n probleem.

Volgens Marthinus het sy skool ook tans meer as 50 kinders in isolasie weens direkte familielede wat positief getoets is. “Baie van die jonger onderwysers hier wou ook nie gaan vir die inenting nie,” het Marthinus gesê. Dit ná die WKOD se werkers deel van ’n spesiale groep was wat vir inentings kon gaan ongeag hul ouderdomsgroep.

Ouers het op Weskus Nuus se Facebookblad gesê skole moet voortgaan met die alternatiewe skooldae vir leerders en addisionele skooldae moet gereël word. ’n Ouer het gesê die regering moet gratis internet aan leerder verskaf sodat onderrig veilig van hul wonings kan plaasvind.

Nog ’n pa meen ’n onderwyser wat die koronavirus by die skool gekry het, het nie gegaan vir hul inenting gegaan nie. “My hele familie was negatief en my uitslae het as ’n skok gekom. Die eerste paar dae was hel, ek het na die sewende dag weer normaal begin voel,” vertel hy.

Skole in Atlantis is lank nie gereed om na normaal terug te keer.

Só meen Evan Marthinus, voorsitter van die Atlantis-skoolhoofde-vereniging. Die drama volg nadat drie van die hoërskole verlede week weens die pandemie moes sluit.

Volgens Marthinus is dit verder kommerwekkend dat ’n leerder van Robin Hill Spesiale Skool ook onlangs weens die virus gesterf het.

Volgens die voorsitter het plaaslike skole reeds verlede kwartaal besluit om aansoek by die Wes-Kaapse departement van onderwys te doen om met onderrig om die beurt voort te gaan. Dit blyk egter die pandemie het dié planne in die wiele gery.

Atlantis Sekondêr het Donderdag (12 Augustus) in ’n omsendbrief aan ouers en leerders gesê die skool sal Vrydag 13 Augustus vir “goeie skoonmaak” gesluit wees. Volgens die brief is 18 leerders tans positief vir die koronavirus en ’n verdere 23 is in afsondering. Op hul beurt het Robinvale Sekondêr die vorige Donderdag (5 Augustus) in ’n brief laat weet die skool moet ná ’n positiewe geval sluit. Volgens die brief is drie personeellede en ses leerlinge positief vir die virus getoets terwyl 21 leerders en nog ’n personeellid in afsondering is. Proteus Sekondêr het ook vroeër vandeesmaand gesluit, maar geen besonderhede is bekend gemaak nie.

Volgens Gary Markus, waarnemende hoof by Saxonsea Primêr, het die skool geen positiewe gevalle nie, maar baie leerders is in afsondering, wat ’n groot probleem veroorsaak.

Volgens Marthinus het sy skool ook tans meer as 50 kinders in afsondering weens direkte familielede wat Covid-19 opgedoen het. “Baie van die jonger onderwysers hier wou ook nie gaan vir die inenting nie,” het Marthinus gesê – dit nadat die WKOD se werkers deel van ’n spesiale groep was wat vir inentings kon gaan, ongeag hul ouderdomsgroep.

Ouers het op Weskus Nuus se Facebookblad geskryf skole moet voortgaan met die alternatiewe skooldae vir leerders en addisionele skooldae moet gereël word. ’n Ouer het voorgestel die regering moet gratis internet aan leerders verskaf sodat onderrig veilig van hul wonings af kan plaasvind.

Nog ’n pa meen ’n onderwyser wat die koronavirus by die skool gekry het, het nie vir die inenting gegaan nie. “My hele familie was negatief en my uitslae het as ’n skok gekom. Die eerste paar dae was hel; ek het na die sewende dag eers weer normaal begin voel,” vertel hy. (Jongste Covid-statistiek op bl. 4)

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article