Daar word beraam dat daar teen 2030 $90 triljoen se belegging in die globale groenekonomie sal wees.
Die Atlantis- Spesiale Ekonomiese Sone (SES) vir groentegnologieë beoog om hierdie geleentheid te benut deur buitelandse en binnelandse beleggings te lok wat tot werkskepping en ontwikkeling van die plaaslike ekonomie sal lei.
’n Suksesvolle Atlantis-SES kan egter teen 2030 beleggings van R3,7 miljard lok en 3 000 werksgeleenthede skep. Vir sakeondernemings in Atlantis, wat buite die sone werksaam is, sal ’n suksesvolle en florerende SES ’n aantal direkte voordele inhou. Een voordeel is die ontwikkeling van plaaslike infrastruktuur (soos paaie, elektrisiteitsnetwerke en internetverbindings).
In Atlantis het die voorbereiding van die ondersteunende infrastruktuur vir die gebied en Atlantis Industria deur die Stad Kaapstad reeds gelei tot ’n verbetering in elektrisiteitsvoorsiening, breëband (deur ’n glasveselnetwerk) en die openbare vervoerstelsel (deur die MyCiti-bus stelsel).
’n Suksesvolle SES sal ook voortgesette en groeiende beleggings in plaaslike ondernemings- en vaardigheidsontwikkelingsprogramme meebring. Die voorgestelde plan vir die SES sluit in volgehoue ondersteuning vir belowende nuwe ondernemings, opleiding in gespesialiseerde velde, en voortgesette werk onder jong mense in Atlantis om hulle voor te berei om die geleenthede wat deur die SES gebied word, te benut.
Hoe sal sakeondernemings geleenthede in die sone kan benut? Geleenthede in die sone sal onder meer die volgende behels:. Word ’n SES-belegger en trek voordeel uit die nasionale SES-aansporings. Dit sal tot die beskikking wees van besighede wat aansoek doen met ’n nuwe onderneming of uitbreiding in groen tegnologie.. Word ’n leweransier of diensteverskaffer aan beleggers in die sone. Beleggers in die sone sal verskillende insette en dienste benodig, wat hulle direk van die mark kan verkry.. Word ’n diensteverskaffer aan die bestuur en werksaamhede van die SES self. Die ontwikkeling en bedryf van ’n SES sal verskeie ondersteuningsdienste benodig, wat die uiteindelike SES-bedryfsentiteite regstreeks sal verkry.
In ooreenstemming die beoogde SES-plan, moet inligting oor tenders en verkryging deur middel van ’n aantal verskillende kanale beskikbaar gestel word om billike en gelyke toegang tot geleenthede te verseker.
Die rol van die Atlantis-SES se Gemeenskapsbelangegroepnetwerk (GBN) is van kardinale belang in die betrekking van klein- en medium sakeondernemings by die werk van die Atlantis-SEZ.
Die GBN se belangrikste rol is om die behoeftes en belange van die gemeenskap en sakeondernemings in aangeleenthede betreffende die Atlantis-SES te verteenwoordig en om as kommunikasiekanaal tussen die Atlantis-SES en die plaaslike gemeenskap te dien.
Wat staan plaaslike sake-ondernemings volgende te doen?
Dit is van kardinale belang dat ons seker maak dat plaaslike klein- en medium sakeondernemings deel vorm van die werk wat eersdaags (nagenoeg September 2022) sal begin rakende die siviele werke in Sone 1. Ons het ’n plan van aksie saamgestel wat sal seker maak dat die groter Atlantis se klein- en medium sakeondernemings die grootste deel vorm van die ongeveer 40% werk wat vir klein- en medium sakeondernemings opsy gesit sal word.
Groetnis, Pierre


