Die Atlantis-projek-stuurkomitee, lede van verskillende organisasies en twee wykraadslede het die herlewing van verskillende projekte bespreek.


Die Stad Kaapstad se Atlantis-projek-stuurkomitee, die twee wyksraadslede Allister Lightburn en Moosa Raise, asook afgevaardigdes van verskillende organisasies verbind tot die departement vir stedelike herlewing se visie om die sentrale sakegebied (SSG) by die Wesfleur-sirkel te verbeter, het die naweek (18 tot 20 November) die gemeenskapsaksieplan in Voortrekkerpark hersien.

Volgens die raadslede is prioriteite bespreek en bepaal, wat dan eersdaags sal uitgaan na die breër gemeenskap vir kommentaar. Die doel van die plan is om die herlewing en vernuwing van hierdie gebied te bewerkstellig, sê die raadslede.

Van die projekte sluit in:. verskillende soorte sosiale behuising in die SSG;. informele handelaars in die Pick n Pay-parkeerterrein;. beter verkeerbeheer en verkeersligte in die sakekern;. leerlinglisensie-programme vir inwoners;. die herlewing van die Atlantis- kuns-en-kultuurfees en. die voortbestaan van die gemeenskapveiligheidsambassadeurs.

Die twee raadslede het die subraad-voorsitter, Nicky Rheeder, en die bestuurder, Wessie van der Westhuizen, asook die beamptes van die departement vir stedelike herlewing vir hul bydraes bedank.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article