Die Atlantis-polisie het hul lede Woensdag 15 Mei by die Ganzekraal-lapa vir hul goeie werk vir die eerste kwartaal van Januarie tot Maart 2024 vereer.
Volgens kapt. Lisa Munro het al vier skofte van die plaaslike misdaadvoorkomingseenheid goeie werk vir die tydperk gelewer. Volgens Munro word polisielede elke kwartaal vir goeie werk vereer en dit dien as aansporing vir lede van Atlantis-polisie.




