Die Atlantis-polisie het onlangs op verskeie vuurwapens beslag gelê.
Die polisiewoordvoerder kapt. Lisa Munro sê die polisie kry gereeld inligting van die gemeenskap wat tot beslagleggings lei. Volgens Munro is dit duidelik dat meer inwoners nou meer vertroue in die polisie het.
Volgens die kommunikasiebeampte het die misdaadvoorkomingseenheid Vrydag 31 Mei inligting ontvang van ’n vuurwapen wat in Falcons Place in Robinvale versteek word. Die polisie het vinnig op die inligting reageer en die vuurwapen gekry, bevestig Munro.
Die lede het ook ’n 54-jarige man aangekeer wat vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen aangekla word.
Ses mans is Sondagaand (9 Junie) ook vir besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen aangekeer. Volgens Munro is die mans deur die Atlantis-polisie se misdaadvoorkomingseenheid op ’n pad voorgekeer nadat hulle vermoedelik oor ’n stopstraat gery het. Volgens Munro is die bakkie in Uitbreiding 12 voorgekeer en die ses (vier van Atlantis en twee van Pella) is aangekeer.





