Luke Brown op pad wenpaal toe om die Wes-Kaapse kampioenskapstitel by sy prestasies te voeg. Foto: David Rossouw


Ná die WP- primêre skole- atletiekkampioenskap op Vrydag 3 Maart in Paarl by die Dal Josaphat-stadion het ondersteuners van Atlantis, Mamre en Pella Saterdag 11 Maart na die dieselfde stadion gestroom om Atlantis-atlete te ondersteun.

Van die 12 atlete wat Atlantis-skole na die WP- primêre skole-atletiekkampioenskap gestuur het, het vier vir die provinsiale kampioenskapsbyeenkoms gekwalifiseer, wat op 11 Maart ook by Dal Josaphat plaasgevind het.

Die vier atlete van Atlantis – Luke Brown (seuns o.10), Jonathan Goliath (seuns o.11), Danielson Ada (seuns o.13) en Simone Maarman (meisies o.13) het Saterdag die kans gekry om hul staal teen die kampioene van die Boland, Eden en Sentraal Karoo te wys vir ’n plek in die Wes-Kaapse provinsiale atletiekspan.

By die byeenkoms het Luke en Jonathan hul teenstanders aan flarde gehardloop om as Wes-Kaapse kampioene gekroon te word. Luke, van Grosvenor Primêr, het Atlantis trots gemaak toe hy die eerste goue medalje vir die dorp in die 1 200 m los gehardloop en die eerste 2023-kampioen geword het.

Jonathan se spykerskoene het die praatwerk in die 1 200 m vir o.11-seuns gedoen. Hy het ’n baie taktiese wedloop gehardloop en sy teenstanders gedurig aan die raai gehou. Met sy blitsige spoed oor die laaste 150 m het hy sy teenstaanders aan flarde gehardloop en met meer as 50 m geklop om sodoende Atlantis se tweede Wes-Kaapse kampioen te word.

Simone het brons vir 1 500m stap o.13-verower.

Dié drie sal nou die Wes-Kaapse atletiekspan by die nasionale baan- en veld-atletiekkampioenskap vir laerskole van Sondag 19 tot Dinsdag 21 Maart in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, verteenwoordig.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article