Die Atlantis Spesiale Ekonomiese Sone (Asez) is ’n dryfkrag vir ekonomiese groei en werkskepping.

Dit bly waardevolle beleggers lok wat gretig is om deel te wees van ’n vooruit denkende omgewingsbewuste visie.

Die Asez is met ’n sterk toewyding aan vernuwing en sosiale invloed hier om te bly en te groei.

Tot nou het ons 34 aansoeke ontvang, wat gelei het tot nege beleggers wat grond binne Asez deur perseelbesprekings verseker het. Ons strategiese fokus bly die aantrek van vervaardigers van hernubare-energie-komponente en sakeondernemings in die landbousektor. Dit word weerspieël in ons huidige beleggingspyplyn, met vier beleggers wat toegewyd is aan die vervaardiging en herwinning van hernubare-energie-komponente, terwyl drie by landbou-verwante produksie betrokke is. Daarbenewens het ons ’n kleinhandelontwikkeling verseker – meer as net ’n kommersiële ruimte. Dit sal dien as ’n anker vir ’n gebied wat ontwerp is om klein ondernemings te ondersteun deur bedryfsruimte te bied.

Ons voorkeur is om met beleggers te skakel wat met die nasionale regering se doelwit om die plaaslike vervaardiging­sektor uit te brei, in te pas –soos uiteengesit in die Suid-Afrikaanse Meesterplan vir Hernubare Energie (Sarem). Deur noue samewerking met sleutelvennote, Wesgro en GreenCape – wat albei talle beleggingsnavrae hanteer –identifiseer en ondersteun ons maatskappye met die kapasiteit om hul vervaardigings­bedrywighede in Suid-Afrika meer plaaslik te maak.

Om hierdie ambisieuse beleggings te verwesenlik, is sentraal tot Asez se visie en ons is opgewonde om te deel dat die siviele werke vir Sone 1 byna voltooi is – ’n belangrike stap na die vestiging van ’n dinamiese groen-ekonomiese- spilpunt. Die toewyding aan hernubare energie is duidelik in kenmerke soos sonpanele op die ingangshek se dak, ’n windturbine en sonplaveisel op die sypaadjies. Hierdie ontwikkeling gaan egter verder as infrastruktuur – dit gaan daaroor om geleenthede te skep vir plaaslike belanghebbendes om aktief deel te neem aan en voordeel te trek uit die ontwikkelende groen ekonomie.

Aan die einde van Februarie het ons totsiens gesê aan Asez se sakeontwikkelings­bestuurder, Jarrod Lyons. Jarrod het die Asez-reis begin stap lank voordat dit selfs so genoem is. As die oorspronklike “Groenmeester” bedank ons hom vir sy toewyding, visie en onvermoeide pogings om Asez se missie te bevorder, en ons wens hom alle voorspoed toe in sy toekomstige ondernemings.

Asez is bevoorreg om ’n jong, bekwame en passievolle span te hê wat gereed en in staat is om hierdie reis voort te sit en ons vorentoe te neem.

Tot volgende keer,

Matt

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article