Suid-Afrika is ’n land met ’n groot watertekort.
Waterbronne is onder geweldige druk van die groeiende bevolking, voortdurende ontwikkeling, besoedeling, vernietiging van vleilande, uitheemse indringerplante en die gevolge van aardverwarming.
Met bykomende impakte van seisoenale wisselvalligheid en toeganklikheid is water dikwels nie beskikbaar waar en wanneer dit die nodigste is nie.
Almal is afhanklik van water om te oorleef, en die groeiende bevolking plaas druk op natuurlike hulpbronne – veral water.
Die bedreiging van Dag Zero tydens die hoogtepunt van die droogte ’n paar jaar gelede, bly ’n herinnering van die onlangse verlede.
Hier is ’n paar maklike maniere om water as ’n gemeenskap te bespaar:. Vermy enige vorm van natmaak van jou tuin tussen 10:00-16:00. Hierdie tyd van die dag is verdamping hoog. Gebruik ’n gieter sodat net die dele wat nodig is, natgemaak word.. Draai die kraan toe terwyl jy jou tande borsel – dit kan jou tot nege liter bespaar.. Bly net twee minute in die stort – jy kan tot 100 liter bespaar teenoor dit wat vir ’n bad gebruik sou word.. Ruil jou stortkop vir ’n waterdoeltreffende stortkop – dit kan jou waterverbruik halveer. Wanneer jy in die stort is, draai die kraan toe terwyl jy jou hare was en gebruik dit net om af te spoel.. As jy ’n swembad het, gebruik ’n swembadbedekking om verdamping te voorkom en onnodige hervulling te vermy.. Maak lekkende krane reg. Selfs ’n kraan wat stadige drup, kan tot 30 liter per dag mors.. Vee blare en rommel weg en tel dit op in plaas daarvan om ’n tuinslang te gebruik om dit weg te spuit.. Was jou motor minder gereeld.. Hou emmers in die stort vir afloopwater, onder geute en onder die badkamer se dreinpype om water op te vang wat jy vir jou tuin kan gebruik.. Eet oorskietkos. Of jy nou net ’n pot pasta gekook het, of jy kan nie ’n glas water leegdrink nie, moenie die oorblywende water in die drein laat wegloop nie. Gebruik die water vir plante, diere of skoonmaak.. Verminder, hergebruik en herwin is ’n stel goeie strategieë om afval te verminder. Dit hoef nie net gebruik te word om afval te voorkom nie. . Vir nog inligting oor wat Atlantissez as ’n organisasie doen om ’n groener ekonomie te bevorder, besoek die webwerf by www.atlantissez.co.za of stuur e-pos na hello@atlantissez.co.za

