Die ATKV-tak in Atlantis en sy leesgroep het internasionale Moedertaaldag op Woensdag 14 Februarie gevier met die tema “my taal is my trots”.

Die Afrikaanse Taalkultuurvereniging (ATKV) beywer hom al langer as 94 jaar vir die Afrikaanse taal en kultuur van Afrikaanssprekende gemeenskappe, asook nasiebou vir ’n suksesvolle Suid-Afrika.

So ook beywer die ATKV-tak in Atlantis hom met opheffingswerk in die Atlantis-gemeenskap deur projekte en programme vir jonk en oud aan te bied.

Die ATKV-tak in Atlantis werk ook die afgelope nege jaar saam met skoolgaande kinders van die verskillende primêre en sekondêre skole van Atlantis deur leesprogramme ná skool aan te bied.

Tydens die weeklikse byeenkomste help die taklede leerders om lees te verbeter, maar is egter op internasionale Moedertaaldag, wat op Valentynsdag geval het, met musiek verras toe die bekende liedjieskrywer en rieldans-musikant Gertruida “Koekie” Lombaard hulle met musiek vermaak het.

Antie Koekie is ’n boorling van Loeriesfontein in die Noord-Kaap en is ’n bekende gesig in die gemeenskap wat saam met verskillende organisasies werk om taal en kultuur te bevorder.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article