Saterdagaand kon skuddings van ’n aardbewing in Atlantis gevoel word en teen 09:00 Sondag was daar nóg ’n tremor wat gevoel is.

Baie inwoners van Atlantis het op sosiale media gesê hulle kon dit voel terwyl ander van niks weet nie. Suid-Afrika se Raad vir Geowetenskap (CGS) het bevestig ’n tweede tremor is Sondag omstreeks 09:12 in Kaapstad gevoel. Die aardbewing het 2,3 op die Richterskaal geregistreer, soos deur die Suid-Afrikaanse seismograaf-netwerk aangeteken. Saterdagaand se aard-bewing het na bewering sowat 1 600 km suidwes van Suid-Afrika op ’n diepte van 10 km ontstaan. ’n Seismiese gebeurtenis met ’n sterkte laer as 4,0 op die Richterskaal as ’n bewing beskou. Die minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelings-beplanning, Anton Bredell, sê dis geen rede tot paniek nie. Hy sê voorts die Koeberg-kernkragsentrale, wat die grootste gevaar vir seismiese aktiwiteite sou bied, is gebou om erge seismiese aktiwiteite te weerstaan en is onder meer op skokbrekers gebou. Geen beserings, skade aangemeld nie en geen tsoenami-waarskuwings is uitgereik nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article