Anke Botes van Laerskool van Riebeeckstrand in Melkbos, wen die meisies o.12 150 m-naelloop. Angel Jacobs van Saxonsea Primêr is tweede en Cloë van Heerden van Wesfleur Primêr in die derde plek. Foto’s: Murphy Roberts


Laerskool-leerders het weer die afgelope naweek gewys wat in hulle steek tydens die jaarlikse Champs of champs-byeenkomste.

Die topatlete van die 15 skole in Atlantis en Melkbosstrand (kring 10) het teen mekaar meegeding op Wesfleur-park.

Wenners tydens die byeenkoms is in ’n kringspan opgeneem, wat op 18 Februarie aan die Metro Noord-byeenkomste by die Bellville-velodrome gaan deelneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article