Leerders van Proteus het motivering van ’n oudleerder en nou raadslid, Allister Lightburn, gekry in die aanloop na die matriekeindeksamen.Foto: Clement Trussell


Allister Lightburn, die plaaslike proporsionele raadslid, het onlangs na sy alma mater teruggekeer om met leerders van Proteus Tegniese Hoërskool te praat.

Met sy toespraak het hy genoem dat dit ’n besonderse voorreg is om hulle toe te spreek, want hy was self ’n oudleerder aan dié skool.

Sy boodskap was dat veiligheid almal se verantwoordelikheid is en dat leerders na hulself moet omsien. Hy ook genoem leerders moet goeie besluite neem wanneer hulle na kuierplekke gaan en dat hulle enige vorm van mishandeling teen kinders moet aanmeld.

“Konsentreer op jou eie vriende­kring. Hierdie is van kardinale belang vir die matrikulante. Vergeet eers van partytjie hou en konsentreer liewer op jul eindeksamen,” meen hy.

Lightburn het leerders aangemoedig om hard te leer vir die komende matriekeksamen omdat hul toekoms op die spel is.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article