Nicholas Merrang wys dat die brand moontlik by die verspreidingsbord begin het.Foto: Murphy Roberts


Die Marang-familie van Avondale is in rou gedompel nadat ’n kort­sluiting vermoe­delik tot ’n brand gelei het wat die lewe van twee broers geëis het.

Volgens Nicholas Merrang (64), pa van dié twee en ’n kankeroorwinnaar, het hy Saterdag saam met sy vrou aan die Kansa Relay in Mamre deelgeneem toe die trage­die plaasgevind het.

Hy vertel dat sy seuns reeds geslaap het na hul nagskof gewerk het, toe die brand ontstaan het. “Ons het Saterdag omstreeks 20:00 ’n oproep van ’n buur-vrou ontvang met die nuus dat die huis brand,” verduidelik hy.

Hy sê met hul aankoms was hul oudste seun, Bronwin Merrang (38), reeds deur mediese personeel dood verklaar weens rookinaseming.

Enrico Merrang (28) is na die hospitaal gejaag, maar het Sondag ook weens rookinaseming gesterf.

Dit is onduidelik hoe die brand ontstaan het, maar Merrang verduidelik dat die brandweerinspekteur gesê het die brand het by die verspreidingsbord begin. Die huis het erge skade opgedoen en die familie het byna alles verloor.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article