Die bestuurder van die bus het slegs ligte beserings opgedoen toe dit eers ’n ligpaal en toe ’n boom ontwortel het.Foto: Murphy Roberts


Die bestuurder van ’n MyCiti-bus het Maandag 3 Februarie in die vroeë oggendure ’n noue ontkoming gehad toe hy beheer oor die bus verloor het.

Die bestuurder was alleen toe dié voorval plaasgevind het – hy het in Charl Uys-rylaan gery toe hy eers ’n lamppaal uit die pad gevee het en ’n boom ontwortel het voordat hy later op ’n oop stuk veld tot stilstaan gekom het. Die bestuurder was vermoedelik omstreeks 03:30 op pad om ’n kollega op te tel toe dié voorval plaasgevind het.

Volgens Felicity Purchase, burge­mees­terskomiteelid vir vervoer, het die bestuurders slegs ligte beserings opgedoen. Purchase sê die bus het erge skade opgedoen en sal vir eers buite aksie wees om herstel te word. Intussen is die busbestuurder voorlo­pig geskors hangende ’n ondersoek na dié voorval.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article