Atlantis-krieketklub se Baggy Blues het gemengde welslae in sy laaste twee wedstryde behaal.

Dié span het Saterdag 1 Februarie op sy tuisveld Blue Downs met ses lopies geklop. Baggy Blues het eerste gekolf en is almal uitgehaal vir 136 met die vyf topkolwers wat net twee lopies kon bydra.

Jevon Cloete (59) en Clayton Charles (39) het egter die span se beurt met ’n goeie vennootskap geanker.

Cloete het egter daarna die besoekers se kolwers laat bontstaan met die bal en het 6/22 in nege boulbeurte geneem om die besoekers almal uit te haal vir 130. Clayton het hom weer goed ondersteun met die bal en self 2/36 in 10 boulbeurte geneem.. Die span het Saterdag 8 Februarie na Kensington gereis vir ’n wedstryd waar hy met 59 lopies vasgeval het.

Die tuisspan, wat eerste gekolf het, het ’n skaflike teiken van 238 lopies gestel. Baggy Blues was gou in die moeilikheid met die openingskolwers terug in die kleedkamer en ses lopies op die telbord. Clayton Charles (36) en Roger August (51) het moedig probeer, maar ’n gebrek aan ondersteuning het die span gekniehalter. Atlantis is almal uitgeboul vir 178 lopies.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article