Die Ippon-judoklub van Mamre het in sy eerste toernooi op 8 Februarie by die Kaapse Wynland Ope in Paarl baie goed gevaar.
Volgens Melanie September, hulpafrigter van die klub, het nuwelinge ook hul merk gemaak vir die klub en is hulle opgewonde vir die res van die seisoen.
Die klub reis weer op 29 Maart na Piketberg vir die Weskus Ope waar die lede wil verbeter op hul huidige prestasies.
Volgens September is die groot kompetisie in Junie wanneer die SA kampioenskap in Gauteng plaasvind.
“Die toernooi kos ’n hele paar rand. Ons is reeds besig om geld in te samel om dit makliker vir ouers te maak,” sê September.
Die judoklub doen ’n beroep op inwoners en ondernemings om hulle te ondersteun met dié geldinsamelingsinisiatiewe sodat die judokas wat deur die jaar presteer aan die nasionale kampioenskap kan deelneem.
Die groep het ook Saterdag 22 Februarie ’n oefenkamp in Paternoster bygewoon as deel van hul voorbereiding.


