D&C-musiekskool het tans 60 studente wat afrigting ontvang.Foto: Verskaf


Musiek kan jou soms laat vergeet van die negatiewe dinge in die lewe.

Só meen die stigter van D&C-musiekskool, Deon Jacobs.

“Ek het my opleiding by die MnM-musiekakademie in Tableview ontvang en het gevoel ek wil terugploeg in Atlantis. Ek en my vrou Cindy het toe die skool begin,” vertel Jacobs wat alreeds 30 jaar ’n musikant is.

Volgens Jacobs het die musiekskool tans 60 studente van Atlantis wat wissel van sewe jaar tot 17. Die leermeester voeg by dat ten spyte van studente se uitdagings oefen hulle daagliks ná skool van 14:00 tot 19:00 asook Saterdae van 08:30 tot 13:00 by Paragonstraat 38, Avondale.

Afrigting word aangebied vir klavier, kitaar en tromme.

Vir nog inligting, bel Deon by 071 83 4079.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article