Atlantis se Eagles vlieg hoog in dié span se vriendskaplike vlugbalwedstryd teen Saldanha Vipers Donderdag 12 Maart in die Rebecca van Amsterdam-saal. Foto: Murphy Roberts


Die Atlantis se Eagles-vlugbalspan het sy gaste uit Saldanha Donderdag 12 Maart in die Rebecca van Amsterdam-saal in ’n vriendskaplike wedstryd gewen.

Atlantis, wat die eerste stel met 25-23 gewen het, het in die tweede stel konsen­­trasie verloor en het die besoekers toegelaat om sake gelykop te maak. Die tuisspan het egter daarna kopgehou en het drie stelle 25-21, 25-19 en 23-21 gewen.

Volgens Nathan Pretorius, afrigter van Atlantis Eagles, was die wedstryd deel van die span se voorseisoenvoor­bereiding voordat ligaverpligtinge op 28 Maart begin.

Pretorius sê voorts sy span speel dié seisoen in die premierliga van die Cape Winelands Volleyball-unie. Ander spanne wat deel van dié liga is, is Saldanha Vipers, Drakenstein Jaguars, Worcester Spartans, Mbekweni en Worcester Ballers.

Atlantis Eagles besoek die Saldanha Vipers in sy eerste ligawedstryd Saterdag 28 Maart waarna die span byna ’n maand later die Drakenstein Jaguars sal onthaal.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article